Monday 11 July 2016

Maklike frikkadelle koekies




Maklike frikkadelle koekies
BESTANDDELE
350 g gemaalde maer beesvleis
100 ml rou hawermout...
20 ml ui, fyngekap of gerasper
1 knoffelhuisie, gekap - opsioneel
100 g groen appel, geskil en gerasper

20 ml vars pietersielie, gekap
20 ml tamatiesous
10 ml bruindruiweasyn of Balsamiese asyn
2,5 ml sout
0,5 ml witpeper
knippie fyn kruienaeltjies
1 medium eier, geklits
METODE
1. Meng al die bestanddele en verdeel dit in 4 gelyke dele. Rol die vleismengsel in bolletjies vir frikkadelle.
2. Voorverhit die oond tot 180 oC.
3. Plaas die frikadelle in 'n gesmeerde oondskottel en bak dit 35 minute lank. Draai die frikadelle om en bak nog 15 tot 20 minute tot gaar.