Monday 18 July 2016

Konfyttertjies



Konfyttertjies
Maak 60 tertjies
 

4 x 250 ml (4 k) koekmeel
knippie sout
340 g botter
250 ml (1 k) kookwater
appelkooskonfyt
eiergeel en ’n bietjie melk, geklits
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n paar bakplate met kossproei.
  1. Sif die meel en sout saam. Smelt die botter in die kookwater en meng by die meel en sout. Vorm in ’n bol, bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 4 uur.
  2. Rol die deeg dun uit en druk sirkels uit. Pak die sirkels op die bereide bakplate.
  3. Skep ’n klein bietjie appelkooskonfyt op die een helfte van elke deegsirkel. Verf die kante met water.
  4. Vou die ander helfte oor en druk die kante met ’n vurk vas. Herhaal met al die tertjies.
  5. Verf die tertjies liggies met die eiermelk en bak 25-30 minute of tot goudbruin. Laat afkoel op ’n draadrakkie. Bêre in ’n lugdigte houer.