Monday 18 July 2016

Konfyt-tertjies



Konfyt-tertjies
(sowat 20 tertjies)
  • 4 velle blaardeeg
  • 2 eiers, geklits
  • aarbeikonfy, appelkooskonfyt of bessiekonfyt
  • versiersuiker om oor te sif
Verhit jou oond tot 200 °C. Voer bakplate met bakpapier. Plaas een vel blaardeeg op jou werkoppervlak en druk sirkels daaruit met ’n koekie-uitdrukker van so 5 ½ cm groot. Pak die helfte van die deegsirkels op ’n bakplaat. Smeer hulle met geklitste eier. Gebruik ’n koekie-uitdrukker van so 2 cm groot en druk gate in die middel van die res van die deegsirkels. Plaas hierdie sirkels-met -gate bo-op die deegsirkels op die bakplaat. Smeer met geklitste eier. Bak vir sowat 25 minute tot gaar en goudbruin. Haal uit en laat afkoel. Sif ’n bietjie versiersuiker oor en vul met ’n verskeidenheid konfyte.