Monday 25 July 2016

KONDENSMELK MELKKOS




KONDENSMELK MELKKOS

1 blik kondensmelk
2 koppies water
1 liter melk
1 koppie koekmeel
125 ml botter
Bietjie sout

Meng die kondensmelk, water en melk saam in 'n kastrol.
Jy kan suiker byvoeg as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die koekmeel in, sodat dit soos krummels lyk.
Voeg die sout by.
Wanneer die melk mengsel warm is, word die meelmengsel bygevoeg, en geroer totdat alles saam kook en dik geword het.
Bedien warm met kaneelsuiker.