Wednesday 27 July 2016

Idees met Ou Brood



Idees met Ou Brood

Moet nie ou brood weg gooi nie, sny in lekker beskuite, doop in suiker water, pak uit op bakplaat en droog uit. En Whala… jy het heerlike beskuit. Slim ne?

Jy kan die brood in vingers sny en dit in warm olie bak tot bruin. (dit gaan vinnig so jy moet haastig werk en verkieslik iemand he wat jou kan help)..haal uit olie en druk in koue koeksusterstroop. Dan word dit broodsusters genoem. Dis baaaaaaie lekker!!!

Meng margarine en marmite, smeer die snye brood daarmee, sny in driehoekies en droog uit in die oond. Dis net so lekker.

Of jy maak broodvingers daarvan. Dieselfde stroop as koeksisters. Sny brood vingers en braai effens tot ligbruin in vlak pan en doop in koeksisterstroop. As koud rol in klapper. Dit is heerlik.   Sny die brood in ongeveer 2cm x 2cm blokkies. Dis heerlik vir wanneer mens n ”bordjie soet en n bordjie sout” moet saam neem na n geleentheid!

‘n Ou Vriendin van my het die broodvingers altyd liggies met ‘n mensel van botter/margarien en suiker gesmeer en dit ligbruin in die oond gerooster.


Jy kan ook crotons maak van die ou brood.

Meng Wit Uiesop-poier met Margarien, en smeer dit oor die ou brood – redelik dik, sny dit in skywe en droog dit in die oond uit vir 2 ure, is heerlike southappie. Party mense noem dit Stofpad Beskuit…….probeer gerus.

Gebruik ook ou brood om ystervarkies mee te maak. Sny in blokke en gebruik dieselfde stroop as vir ystervarkies! Doop in stroop en rol in klapper!

Brood vries goed. As jy jaffels maak, ham & kaas toast, dan kan jy dit ook vries & later verkoop…

Blits dit tot krummels en maak dan poeding daarvan met eiers, melk, vanilla, (ingemaakte vrugte opsioneel) en bak dit tot gaar. Jy kan ook die krummels net so vries en later gebruik….

Rolletjies of brood smeer met knoffelbotter en droog uit en vries ook lekker

Maak krummels vir tjops ens

Sny punt af, hol uit, druk Vienna en tamatie sous in holte. Vat die afgesnyde punt en druk dit verkeerd om in die holte soos ‘n doppie. Toast dit dan op daai plat snackwichers…. is lekker.

Glad ni nodig vir deep fry ni maak n jam sous(jam met water gemeng) of effens verhitte stroop sny brood in vingers los korsies doop in sous of stroop en rol dan in klapper en droog uit in oond.