Wednesday 27 July 2016

Bobotie idees (verskeie resepte)



Bobotie idees (verskeie resepte)



BOBOTIE
(4 - 6 porsies)
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk...
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasynlourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
EIER BOLAAG:
3 eiers
375 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 °C.
Week die bruinbrood tot sag in die melk.
Maak die brood fyn met ’n vurk.
Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin.
Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute.
Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak.
Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by.
Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op.
Sit in die warm oond en bak vir 15 minute.
Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper.
Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor.
Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute
 
BOTTERSKORSIE BOBOTIE
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olie
500 g beesmaalvleis
1 botterskorsie, in blokkies gesny
30 ml (2 e)
kerriepoeier
60 ml (¼ k) blatjang
sout en peper
lourierblare
EIERVLA:
250 ml (1 k) melk
2 eiers, geklits
METODE:
Verhit die oond tot 180 °C.
Braai die ui en knoffel in die olie.
Voeg die vleis by en roerbraai tot bruin.
Voeg die res van die bestanddele by, laat prut tot die botterskorsie amper gaar is en geur met die sout en peper. Skep in ’n oondbak.
EIERVLA:
Klits alles en giet oor die bobotie. Bak ’n halfuur.
Sit voor saam met rys.


STAMPMIELIE BOBOTIE
Is regtig heerlik en 'n MOET probeer
2 koppies rou stampmielies , maar week dit die aand vooraf
10ml borrie
Sout
2 groot uie - ringe gesny
Olie
25ml sterk kerrie poeier
1 kg maalvleis
50ml blatjang
30ml suiker
10 ml tamatiepasta
60 ml druiweasyn
Sout en Peper
Koppie melk
2 eiers
2 lourierblare
METODE:
Verhit oond tot 180 grade
Spuit groot oondvaste bak met Spray & Cook
Dreineer stampmielies en bedek met skoon koue water.
Voeg net helfte van borrie by water en kook tot die mielies sag is maar nie pap.
Geur na smaak met sout en peper.
Dreineer goed en hou eenkant
Soteer uie , voeg oorblywende borrie by en kerriepoeier en roerbraai so 1 minuut.
Voeg maalvleis bietjie bietjie by en braai tot gaar. Voeg die res van bestanddele by .
Prut nog 'n paar minute.
Voeg stampmielies by en meng.
Skep nou in die bak en meng melk en eiers goed saam en giet oor mengsel . Plaas blare bo-op en bak 30-40min.


BOBOTIE-TERT
Genoeg vir 4 porsies.
5 filovelle

50 g botter
30 ml olyfolie (2 el)
1 ui - gekap
2 knoffelhuisies - gekap
10 ml matige kerriepoeier (2 tl)
5 ml borrie (1 tl)
5 ml fyn komyn (1 tl)
500 g maalvleis
20 ml fyn appelkooskonfyt (4 tl)
sout en vars gemaalde swartpeper
hand vol koljanderblare
BOLAAG
3 eiers
150 ml melk
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Smeer ’n oondbak met gesmelte botter.
Verf die filofelle met botter en plaas hulle op mekaar in die bak.
Verf die boonste laag met botter.
Verhit die res van die botter en die olyfolie en braai die ui en knoffel ’n paar minute.
Roer die kerriepoeier, borrie en komyn by en braai ’n minuut.
Roer die maalvleis by en braai sowat 3 minute.
Roer die appelkooskonfyt by en geur met sout en peper.
Roer die koljanderblare by en skep die mengsel op die filovelle.
BO LAAG
Klits die eiers en melk, geur met sout en vars gemaalde swartpeper en gooi oor die maalvleis.
Bak vir 20 - 30 minute of tot gaar en sit voor saam met groenslaai.



BOBOTIE-KROKETTE
Krokette is silindervormige, diepgebraaide happies met ’n bros krummellaag buite om.
BOBOTIE MAALVLEIS:

1 ui, fyn gekap
30 ml botter
500 g maalvleis
125 ml melk
1 dik sny brood, grof gebreek
7 ml kerriepoeier
5 ml suiker
5 ml sout
3 ml borrie
30 ml blatjang
60 ml pitlose rosyne (opsioneel)
Skeut vars suurlemoensap
2 eiers, geklits
250 ml droë broodkrummels
METODE:
Braai die ui in die botter tot sag en voeg die maalvleis by. Braai bruin. Terwyl die maalvleis braai, gooi die melk oor die brood en laat staan om te week. Voeg die kerriepoeier, suiker, sout en borrie by die vleis en braai tot geurig. Voeg die blatjang, brood-en-melkmengsel, rosyne en suurlemoensap by die vleismengsel en kook deur.
Laat heeltemal afkoel. Vorm die mengsel in 24 krokette en pak op ’n bakplaat. Verkoel tot net voor dit gebraai moet word. Doop elke kroket eers in geklitste eier en rol dan in krummels. Braai in vlak olie tot goudbruin, bros en deurwarm. Sit voor met bykosse van jou keuse (as ete) of met mosterdsous of tamatiesous om in te doop (as versnapering). Lewer ses porsies


Bobotie Pancakes
Ingredients
15ml sunflower oil

1 onion, finely diced
500g lean beef mince
1 KNORR Mild Durban Curry Dry Cook-in-Sauce
400ml water
50g raisins
15ml white vinegar
30ml apricot jam
250ml cake flour
250ml milk
1 egg
Pinch of salt

Method
1.Heat oil in a pan and gently fry the onion until soft
2.Add the beef mince and fry until well browned
3.Stir in the contents of the sachet of KNORR Mild Durban Curry Dry Cook-in-Sauce together with the water, raisins, vinegar and apricot jam
4.Reduce the heat and allow to simmer for 15-20 minutes until cooked stirring occasionally
5.While the mince is cooking prepare the pancake mixture
6.Place the cake flour, milk, egg and salt into a bowl and whisk until smooth and lump free, thin down the mixture with a little water if necessary
7.Spray a crepe/pancake pan with baking spray and set on a medium heat, pour a ladle full of mixture into the pan and swirl the pan to distribute the mixture to the edges of the pan
8.Allow to cook until bubbles appear on the surface of the pancake then flip over and allow to cook on the other side
9.When the pancakes are ready add the filling to the pancakes, roll up and serve with chutney and crispy potato wedges


Bobotiekoppies
Genoeg vir 15 mense
Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

1 sny witbrood
250 ml (1 k) melk
15 ml (1 e) olie
1 ui, fyn gekap
500 g beesmaalvleis
15 ml (1 e) kerriepoeier
20 ml (4 t) suiker
30 ml (2 e) asyn
30 ml (2 e) blatjang
125 ml (½ k) pitlose rosyne
125 ml (½ k) water
Vla
1 eier
60 ml (¼ k) room
sout en swartpeper
30 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.
1.Week die brood in 125 ml (½ k) van die melk. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot goed verbruin.
2.Roer die kerriepoeier in. Druk die melk uit die brood en krummel die deurweekte brood by die maalvleis in.
3.Voeg die suiker, asyn, blatjang, rosyne en water by die maalvleis. Roer en laat prut 10 min. of tot die maalvleis gaar en die mengsel amper droog is, maar steeds klam.
4.Vla: Klits die eier, room, oorblywende melk, sout, peper en botter saam tot goed gemeng. Skep die maalvleisvulsel in die muffinholtes en bedek met die vla. Laat 5 min. staan en bak 15 min. of tot die vla geset het.