Wednesday 20 July 2016

Hoendergereg met Simba Skyfies




Hoendergereg met Simba Skyfies
1 Hoender (of gebruik sommer stukke) kan ook vervang word met maalvleis
3 uie grof gekap
500g noedels (screws)
1 koppie mayonnaise
2 kop gerasperde cheddarkaas
2 kop melk
1 x410g sampioenroomsop
1 groot pak kaas en uie skyfies (fyngemaak)
METODE:
Kook hoender gaar met uie
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag maar nie pap.
Meng al jou bestanddele maar hou een koppie gerasperde kaas eenkant en die Simbaskyfies.
Stel oond op 180 grade – spuit oondpan, gooi bestanddele in die oondpan,
Meng die orige koppie gerasperde kaas en pak Simba skyfies liggies deurmekaar en strooi oor die beslag.
Bak vir ongeveer 30 min of tot die kaas borrel en die gereg ligbruin is.