Wednesday 20 July 2016

Bruintjies (brownies)




Bruintjies (brownies)
24 blokkies

2 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) strooisuiker...
150 ml (½ k + 5 t) olie
125 ml (½ k) Griekse jogurt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
265 ml (1 k + 1 e) koekmeel
166 ml (2/3 k) kakao
2,5 ml (½ t) koeksoda
1 ml sout
50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap

Stel oond op 180 °C.

1 Klits eiers en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel, ongeveer twee minute.
2 Roer olie, jogurt en vanieljegeursel by eiermengsel tot gemeng.
3 Sif koekmeel, kakao, koeksoda en sout saam. Roer met lepel tot goed gemeng.
4 Roer meelmengsel by eiermengsel tot deeg vorm.
5 Skep deeg in 30 cm x 22 cm-bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
6 Sprinkel neute bo-oor en bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7 Haal uit oond en laat tot heeltemal afgekoel in bakplaat.
8 Sny in blokke van ongeveer 5 cm x 5 cm.
9 Bêre in lugdigte houer.