Tuesday 12 July 2016

Gronboontjiebotterbroodjie




Gronboontjiebotterbroodjie
             
500 ml. meel,
10 ml. bakpoeier,
190 ml. grondboontjiebotter
200 ml. melk,
125 ml. suiker,
5 ml. sout (ek het so rapsie meer ingegooi),
1 eier goed geklits.

Meng die droee bestanddele en die suiker. Werk die grondboontjiebotter met 'n vurk daarin. Voeg die eier by en meng verder met die vurk. Voeg die melk by, meng dit goed en gooi dit in 'n gesmeerde broodpan. Bak vir 50-60 minute teen 180C.