Monday, 18 July 2016

Groente Idees Slow Cooker



Groente Idees Slow Cooker

Groente-en-kekerertjie-kerrie
1 e olie
1 groot bruin ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 e kerriepoeier
3 t gemaalde komyn
800 g blikkie gekapte tamaties
½ k koue water
2 e suurlemoensap
300 g kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
150 g oranje patats, geskil en gekap
1 groot wortel, geskil en ge-kap
1 klein rooi rissie, gekap
250 g blomkool, in blommetjies gebreek
100 g knopiesampioene, gehalveer
250 g broccoli, in blommetjies gebreek
Gestoomde jasmynrys en ongegeurde jogurt vir bediening
• Verhit olie in ’n groot pan oor matige hitte en voeg die uie by.
• Kook terwyl jy heeltyd roer vir 2 tot 3 minute of totdat die uie sag is.
• Voeg knoffel, kerriepoeier en komyn by.
• Kook en roer vir ’n minuut of tot geurig.
• Roer tamaties by en laat prut totdat die sous verdik.
• Voeg water, suurlemoensap, kekerertjies en groente by.
• Stel hitte tot hoog en verhit tot kookpunt.
• Skep kerrie in die prutpot.
• Bedek en kook vir vier uur op hoog of vir ses uur op laag.
• Geur met sout en peper en skep die kerrie op die rys.
• Sit met ongegeurde jogurt voor

Groentesop in prutpot
6 porsies
1,5 kg groente, in blokkies gesny. (aartappels, preie, wortels, witwortels, rape ens.) OF sopmengsel wat klaar voorberei is.
2 uie, gekap
4 selderystingels, gekap
5 ml vars gekapte knoffel
1,5 lt warm groente- of hoenderaftreksel
45 ml tamatiepasta
2,5 ml worcestersous
5 ml droë gemengde kruie
2,5 ml droë pietersielie
2,5 ml droë basiliekruid
2,5 ml sout
1 lourierblaar
knypie fyn peper
Plaas uie, seldery, knoffel en groente in prutpot. Meng aftreksel, tamatiepasta, worcestersous, kruie, sout , peper en blaar, gooi in pot. Sit deksel op en laat prut op laag vir 6 tot 8 ure. Proe na kooktyd verstreke is en voeg nog smaakmiddels by indien nodig. Verwyder lourierblaar.

Slow cooker boontjie sop met spek
This Slow Cooker Beef and bacon Bean Soup is a hearty slow cooker soup recipe that always hits the spot. Savor the bacon and bean flavor combo and you’ll surely be saying this is one of the best soup recipes around.
Cooking Time: 8 hr 2 min
Ingredients
1 tablespoon vegetable oil
2 slices bacon
500gr stewing beef
2 tablespoons flour
1 medium onion, finely chopped
2 celery ribs, chopped
1 leek tops (the green part)
1 can cannellini beans
1 can pinto beans (groot bruin rooierige bone)
2 teaspoons dry thyme leaves
1/2 cup Worcestershire sauce
1/4 teaspoon cayenne pepper
1 1/2 liters water
salt and pepper to taste
Instructions
On medium high heat in frying pan crisp the bacon with oil for 2 minutes, then add onion and continue to cookuntil onion gets caramelized. Transfer to slow cooker pot.
Then flour the meat and caramelize it on one side in the same frying pan.
Add the meat to slow cooker pot and add beans with juices, chopped celery ribs, thyme leaves, Worcestershire sauce, cayenne pepper, salt, pepper and cover with water, add leek tops on top.
Pop the lid on and plug on high setting for 8 hours. Throw away leek tops when the soup is done. Serve with hearty rye bread and enjoy!

ROMERIGE AARTAPPELGEBAK
Geskik vir PRUTPOT of OOND
(Magda du Plooy) (Lekker resepte vir die jongergeslag)
Die kombinasie van meel, botter en melk vorm vanself ‘n WITSOUSIE tydens die gaarmaakproses. (As jy vir ‘n spesiale geleentheid WIL spek en sampioene bysit, sal niemand jou keer nie!)
Vir ‘n groot prutpot (6 liter): verdubbel bestanddele
4 medium aartappels
5 ml (1 t) sout
grofgemaalde swartpeper
30 ml (2 eetl) koekmeelblom
15 ml (1 e) botter
250 ml (1 kop) melk/room
Opsioneel – Gooi gerasperde kaas oor
Sny aartappels in dun skyfies – nie nodig om af te skil. Pak ‘n lagie onderin ‘n gesmeerde prutpotbak of oondskottel. Strooi bietjie van die sout, peper en meel oor elke laag en stip met klontjies botter. Herhaal tot als opgebruik is.Gooi melk of room bo-oor. Plaas deksel op en bak +/- 2 ure op HOOG in prutpot.
Gewone oond: Bedek met foelie en bak +/- 1 uur by 180 grade C. Verwyder foelie en bak nog 15 minute tot goudbruin.

No comments:

Post a Comment