Monday, 18 July 2016

Gebakte-eier-spek-en-kaaspastei




Gebakte-eier-spek-en-kaaspastei
genoeg vir 4
Verhit oond tot 180 °C. Smelt 30 ml botter in pan en bak 4 eiers tot net gaar. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit 30 ml olyfolie. Sny 8 repe strepiespek in helfte en braai tot bros. Sny 8 groot sirkels uit 2 x 400 g-blaardeeg. Sny 100 g wit cheddarkaas in skywe en plaas skywe kaas op 4 sirkels. Plaas spek bo-op en dan ’n gebakte eier. Verf rande van deeg met 1 geklitste eier. Maak toe met ander 4 deegsirkels en smeer res van geklitste eier bo-op. Plaas op uitgevoerde bakplaat en bak 30 – 35 minute tot goudbruin en gaar.

No comments:

Post a Comment