Monday, 11 July 2016

Frikkadelle met monkey gland-sous




Frikkadelle met monkey gland-sous
■ 250 g beesmaalvleis
■ 250 g varkmaalvleis
■ 5-7 ml sout
■ 7 ml komyn...
■ Swartpeper na smaak
■ 125 ml natuurlike jogurt
■ 180 ml vars broodkrummels
■ 1 appel geskil, ontkern en gerasper
■ 1 ui, gerasper

Voorverhit die oond tot 160°C en smeer ’n oondbak van 22 cm met olie. Meng al die bestanddele saam tot net gemeng. Vorm in frikkadelle en pak in die bak. Bak vir 30-40 minute tot deurgaar. Lewer 6 porsies.
Monkey gland-sous
■ 1 ui, gekap
■ 4 knoffelhuisies, gekap
■ 15 ml gerasperde vars gemmer
■ 60 ml olie
■ 125 ml blatjang
■ 125 ml tamatiesous
■ 15 ml sojasous
■ 10 ml mosterd
■ 10 ml worcestersous
■ 80 ml vleisaftreksel
■ 30 ml rooiwyn of brandewyn
■ Sout en peper na smaak
Braai die ui, knoffel en gemmer in die olie tot sag. Voeg die res van die bestanddele by, verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 10 minute, tot effens afgekook en geurig. Sit warm voor. Lewer 500 ml sous.

No comments:

Post a Comment