Monday 4 July 2016

EENSKOTTEL ONTBYT


EENSKOTTEL ONTBYT
Bedien 6
500g boerewors
1 blikkie tamatie-en-uiesmoor of ‘n blikkie chakalaka
6 eiers
sout en gemaalde swartpeper
100g sterk cheddarkaas, in blokkies gesny
vars koljanderblare
Druk die boerewors uit die vel om klein fikkadelle te vorm. Braai die frikkadelle in ‘n bietjie olie tot gaar. Voeg die tamatie-en-uiesmoor by en bring tot kookpunt. Breek die eiers versigtig tussen die frikkadelle. Geur met sout en swartpeper. Plaas ‘n deksel op die pan en laat eiers oor lae hitte vir 5 minute gaar word. Druk die kaasblokkies tussen die eiers en frikkadelle in en laat toe om te smelt. Strooi die koljanderblare oor en bedien warm met volgraan brood.