Friday 29 July 2016

Bunny Chow Resep




Bunny Chow Resep

2 teelepels olie
1 groot ui, grofgekap
1 tl knoffelvlokkies
500g maer beesmaalvleis
1 teelepel sout
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 groen soetrissie, fyngekap
1 groen appel, gerasper (opsioneel)
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel bruin- of witasyn
1 eetlepel tamatiepuree
1 teelepel Worcestersous
¾ koppie water
1 kop veggie mix
Soteer die ui en knoffel in olie tot glasig. Gooi die maalvleis by en braai dit bruin. Gooi die sout en kerriepoeier by en soteer dit vir 5 minute. Dan volg die veggi mix, soet-rissie, appel, blatjang, asyn, tamatiepuree, Worcestersous en water. Roer dit goed. Bedek dit gedeeltelik en laat dit vir so 30 minute prut of totdat die sous verdik het.
Neem witbrode en sny in helftes en hol uit. Druk brood bietjie platter en vul met kerriemaalvleis en stop punt wat oop is met die brood wat jy uitgehol het