Friday 1 July 2016

BOBOTIEPASTEI MET APPEL EN APPELKOOS



BOBOTIEPASTEI MET APPEL EN APPELKOOS
6 porsies
Bestanddele
bietjie olie...
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
5 ml (1 t) droë pietersielie
800 g beesmaalvleis

20 ml (4 t) kerriepoeier
2,5 ml (½ t) sout
1 ml swartpeper
30 ml (2 e) blatjang
15 ml (1 e) fyn appelkooskonfyt
15 ml (1 e) worcestersous
5 ml (1 t) borrie
15 ml (1 e) bruinasyn
2 appels, geskil, ontpit en gerasper
125 ml (½ k) sultanas
125 g (½ pak) appelringe, fyngekap
paar gedroogde appelkose, fyngekap
50 g (½ pakkie) amandelvlokkies
500 ml (2 k) vars witbroodkrummels
90 ml (6 e) volroommelk
1 eier
1,2 kg (400 g x 3 rolle) skilferkorsdeeg
Afronding
bietjie melk
1 eier
• Stel oond op 200 °C.
Metode
1 Verhit olie en soteer uie, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
2 Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
3 Voeg kerriepoeier, sout, peper, blatjang, appelkooskonfyt, worcestersous, borrie en asyn by maalvleismengsel. Meng goed.
4 Voeg ook gerasperde appel, sultanas, appelringe en appelkose by vleis en prut paar minute oor lae hitte. Haal van stoof af.
5 Roer amandels en broodkrummels by.
6 Klits melk en eier en roer by vleismengsel.
7 Rol skilferkorsdeeg bietjie dunner uit en verdeel elke vel vertikaal in helfte.
8 Skep bobotiemengsel in middel van skilferkorsdeegreghoeke. Bring kante na bo en druk bymekaar.
9 Plaas pasteie op bakplaat wat met kossproei gespuit is.
10 Afronding Klits melk en eier saam. Verf met koskwassie oor pasteie.
11 Bak vir 40 minute of tot goudbruin.