Friday 1 July 2016

Blomkoolbrood



Woema-winter-blomkoolbrood

Bestanddele
750 g - 1 kg blomkool
50 g botter...
350 ml warm melk
1 eier
½ koppie bruismeel
50 g witbroodkrummels
1 eetlepel pietersielie, gekap
knippie neutmuskaat
sout en peper
1 koppie Cheddarkaas

Metode
Sny die stronk uit die blomkool en kook tot sag in soutwater.
Verpulp dit en hou eenkant.
Smelt botter in warm melk.
Sodra melk afgekoel het, voeg die res van die bestanddele by. (Voeg slegs die helfte van die kaas by)
Plaas die beslag in 'n gesmeerde broodpan.
Strooi die res van die kaas oor.
Bak teen 160 grade vir 30 tot 40 minute.