Friday 8 July 2016

BAR-ONE EN COCO POP BLOKKIES



BAR-ONE EN COCO POP BLOKKIES
125 g botter - Rama of Stork Bake
1 tl vanielje geursel
4 kop coco pops
½ kop kakao...
2 kop versiersuiker

METODE
1. Smelt die botter en voeg die vanielje geursel by.
2. Voeg die coco pops, kakao en versiersuiker by en roer deeglik.
3. Skep in gesmeerde oond pan en druk met ‘n ander oondpan bo op plat deur 'n liter water as gewig bo op te sit.
4. Laat stol.
BO LAAG
4 x 55 g Bar-one’s
60 ml of 4 el botter

METODE
1. Smelt die bar-one en botter saam.
2. Smeer bo oor die gestolde coco pops en laat afkoel.
3. Sny in blokkies of druk vormpies.
4. As jy vormpies druk kan die res weer warm gemaak word en truffels gerol word.
Rol die truffels dan in klapper / kakao / versiersuiker / neute of enige sprinkles.