Worswieletjies
LEWER 24 WIELETJIES
Bereiding: 15 min.
Rustyd: 20 min.
Baktyd: 20 min.
KORS
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
VULSEL
30 ml (2 e) tamatiepasta
125 ml (½ k) blatjang
1 stingelui, fyn gekap
2 pynappelringe, fyn gekap
3 Russiese worsies of chorizo’s, fyn gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
30 ml (2 e) gekapte pietersielie
1 eier
Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit ’n paar bakplate.
- Kors Rol die deeg effens dunner uit.
- Vulsel Meng die tamatiepasta en blatjang en smeer oor die deeg.
- Meng die res van die bestanddele behalwe die eier en sprinkel eweredig oor die deeg.
- Rol die deeg op en plaas op die bakplaat. Laat 20 minute in die yskas rus.
- Sny in wiele van 5mmdik en pak in ’n enkellaag op die bakplate.
- Bak sowat 15 minute of tot die deeg gaar en bruin is. Laat afkoel. Sit voor as ’n happie.