Monday 20 June 2016

Herderspastei-bakkie




Herderspastei-bakkie
Berei vir elke lid van die gesin sy eie bakkie pastei.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
5 ml (1 t) olyfolie
1 ui, gerasper
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g maer maalvleis
5-7 ml (1-1½ t) sout
vars gemaalde swartpeper
3 ml (ruim ½ t) komyn
5 ml (1 t) suurlemoenskil, fyn gerasper
100 g murgpampoentjies, gerasper
50 g babaspinasieblare, gesnipper
15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap
30 ml (2 e) kruisementblare
15 ml (1 e) suurlemoensap
kapokaartappels, gemaak van vier groot aartappels
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.
2.Geur die maalvleis met die sout, peper, komyn en suurlemoenskil en voeg die uimengsel by. Laat sowat 10 minute prut tot gaar. Roer af en toe en maak die maalvleis met ’n vurk los.
3.Voeg die murgpampoentjies en babaspinasie by die maalvleismengsel en laat nog 1-2 minute prut.
4.Geur die mengsel met die pietersielie, kruisement en suurlemoensap.
5.Skep die maalvleismengsel in bakkies.
6.Skep die kapokaartappels op die maalvleisbakkies en bak dit 5-10 minute in die voorverhitte oond.