Wednesday 8 June 2016

WESSELS SE KAAS-, BILTONG EN BLACK LABEL BIERBROODJIE




WESSELS SE KAAS-, BILTONG EN BLACK LABEL BIERBROODJIE
500 g bruismeel
5 ml sout
2.5 ml rooipeper...
250 ml cheddar, gerasper
340 ml Black Label bier
50 g biltong, fyngekap

Voorverhit oond na 180°C.
Smeer ‘n 18 cm x 8 cm broodpannetjie.
Sif meel, sout en rooipeper. Vryf die kaasin en roer die biltong by.
Voeg die bier by en sny in tot dit ‘n deeg vorm, moenie te veel roer nie.
Bak sowat 50 minute by 180°C. Die brood is gaar as dit hol klink wanneer dit aan die onderkant getik word.