Wednesday, 8 June 2016

Korslose Bully-Beef Souttert




Korslose Bully-Beef Souttert
Bestanddele:
1 kop melk
1 blik Bull Brand Bully Beef
1 ui, gekap
1 groenrissie, gekap
1 kop gerasperde kaas
6 ekstra groot eiers, geklits
3 el kookolie
rooi en of swart peper na smaak
Aromat na smaak
sout na smaak
4 el koekmeel aangemaak in paste met halwe koppie melk
Voorverhit oond tot 190C
Metode:
Smeer ‘n oondvaste bak met botter, sprinkel met koekmeel
Druk bully beef effens fyn in groot mengbak, voeg res van bestanddele by, meng goed deur
Giet in oondskottel, bak vir 40-45 minute tot goudbruin.
Laat rus 10 min voor sny en opskep

No comments:

Post a Comment