Monday 27 June 2016

Tuna en Spinasierol




Tuna en Spinasierol
ROL
90 g botter
70 g koekmeel
500 ml (2 k) melk...
4 groot eiers, geskei
2 ml (½ t) sout
10 ml (2 t) vars dille

VULSEL
1 bossie spinasie, geblansjeer, gedreineer en fyn gekap
2 blikkies (187 g elk) gesnipperde tuna
6 sprietuie, gekap
160 ml (⅔ k) mayonnaise
15 ml (1 e) grasuie, gekap
vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 160 °C en voer ’n 35 x 25 cm-bakplaat uit met bakpapier.

ROL

Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by tot dit ’n pasta vorm.
Roer die melk stadig by met ’n ballonklitser tot die sous verdik en kook.
Verwyder die kastrol van die hitte; laat effens afkoel. Roer die eiergele, sout en dille by en roer liggies tot goed gemeng.
Klits die eierwitte tot sagtepunt-stadium en vou in by die witsousmengsel. Skep in die bakplaat en bak 25-30 minute.
Keer uit op ’n afkoelrak wat bedek is met ’n skoon afdroogdoek. Laat effens afkoel voor die papier afgetrek word. Rol op.
VULSEL

Meng die bestanddele vir die vulsel en geur met peper.
Rol die rol weer af, smeer die vulsel oor en sny die randjies af met ’n skerp mes.
Rol weer op soos ’n rolkoek.
Garneer met vars kruie en kersietamaties.