Thursday 30 June 2016

Tuna Blikkie Brood



Van Ina van Wyk - Ek gebruik min of meer my eie resep, maar gekoopte deeg sal ook werk. Ek smelt die margarien waarmee ek die panne smeer en smeer dit met 'n kwassie aan. (Of ek vorm gewone buns of hotdogbuns)
Vir ongeveer 20 broodjies gebruik ek so ongeveer 9 koppies koekmeel (of helfte koekmeel, helfte growwe meel). Daarby so 2 pakkies kitsgis, die pers pakkie en so 'n dessertlepel sout en 2 teelepels suiker. Meng bietjie met jou hand. Tap so 2 of 3 koppies louwarm water s...ommer van warm kraan s'n. Nie te warm nie, en gooi so 2 eetl kookolie of olyfolie daarby. Meng met 'n lepel en voeg dan meel of water by tot 'n hanteerbare deeg en knie so tien minute. Ek keer sommer die deeg op my tafelblad uit en gooi bietjie meeltjies onder die deeg wanneer ek knie. Ek sit die blikkies op 'n groot bakplaat, anders moet jy die blikkies een-een in-en uittel. Ek maak bolletjies bietjie groter as 'n eier, soos 'n groterige frikkadel en druk dit effens plat in die blikkie en laat rys onder 'n doek in sonnetjie of in oond wat afgeskakel is. Wanneer volgerys, bak by 180 grade vir so 20 minute na 'n halfuur. Verf gesmelte margarien oor warm broodjies en geniet. Heerlik vir mini hamburgertjies. Deeg heerlik vir pizza, pitabrood en brood