Thursday 2 June 2016

SPINASIE TERT MET BROSKORS




SPINASIE TERT MET BROSKORS
KORS:
150ml Botter/ margarien
333ml Koekmeel...
120ml Cheddarkaas fyn gerasper
Knippie rooipeper

Verhit die oond op 180°C.
Vryf die botter en koekmeel met jou vingerpunte in. Voeg die kaas en rooipeper by en vorm ‘n sagte bal.
Druk die deeg in ‘n middelslag tertbord of kleiner individuele pannetjies.
Bak die kors in die warm oond terwyl die vulsel gemaak word.
VULSEL:
30ml Olie
500ml Gekerfte spinasie (verkieslik vars)
100g Swoerdlose spek, gekap
1 Ui, gekap
3 Ekstra groot eiers
125ml Warm melk
125ml Room
250g Fetakaas, gekrummel
Sout en peper na smaak
METODE:
Verhit die olie. Roerbraai die spinasie, ui en spek tot gaar. Dreineer enige oorblywende vloeistof.
Skep die mengsel in die voorbereide tertkors en versprei eweredig. Strooi fetakaas bo-oor.
Klits die eiers, room en melk saam en giet oor die spinasie mengsel.
Strooi laaste die Cheddarkaas, sout en peper oor.
Bak vir 30-40 minute by 180°C of tot die tert gestol het.
Het die resep iewers gekry kanie onthou waar nie net so bq aangepas,
Wenk: Ek het in die vulsel 250ml warm melk en 250ml room gebruik!