Sanet se koningin Tulbagh filo-boot
Kry die Koekedoor Sanet se resep vir haar koningin Tulbagh filo-boot hier.
|
Bestanddele
Haselneutbotter:
- 250 ml haselneute gerooster teen 200 °C vir sowat 12 min
- 340 ml sjokolade fyngekap en gesmelt
- 30 ml olie
- 45 ml versiersuiker
- 15 ml donker kakao
- 2,5 ml vanielje
- 2,5 ml sout
Sjokolade-bruintjies:
- 250 g botter gesmelt
- 200 g bruinsuiker
- 4 eiers
- 80 g heelneut-sjokolade gesmelt
- 160 g donkersjokolade gesmelt
- 5 ml vanielje
- 25 g koekmeel
- knippie sout
- 125 g neute grofgekap
Donkersjokolade-poeding-vulsel:
- 1 k suiker
- 1/2 k donker kakao
- 1/2 k mielieblom
- 1/2 t sout
- 1 l melk
- 30 g botter
- 10 ml vanilje
Koffievulsel:
- 15 ml espresso
- 250 ml room
- 30 ml kondensmelk
- 30 ml koffielikeur
- 5 ml growwe sout
- 2.5 ml kakao
Koffieroom:
- 250 ml room
- 30 ml koffielikeur
- 5 ml koffiebone gemaal
- 5 ml vanielje
Instruksies
Vir die haselneutbotter:
- In ’n voedselverwerker, meng neute tot pasta.
- Voeg olie, suiker, kakao en sout by en meng tot glad.
- Voeg sjokolade by en meng goeds saam.
- Plaas eenkant om af te koel – plaas in yskas as jy dit wil sny.
Vir die filo:
- Sny filo groot genoeg om oor ’n broodpan te pas.
- Gebruik vier lae per dop. Verf dun lae botter tussen die velle.
- Plaas filo-lae aan die buitekant van die broodpan en bak teen 200 °C vir sowat 12 minute.
- Gebruik oorblywende filodeeg en sny in dun repies.
- Karamelliseer ’n paar van die repies deur botter te smeer en bietjie suiker te strooi tussen die lae.
- Maak ook sigare met ’n paar van die repies filo en haselneutbotter.
- Maak ook rose met ’n paar van die repies filo deur stroke filo in ’n muffinpan te pak soos rose.
- Met 'n skêr, sny patrone in ’n paar van die repies filo en bak.
- Laat alle filo afkoel en ful met vulsels in enige volgorde.
- Sny bruintjies in blokkies of gebruik heel stukke.
- Plaas van die filo-sigare en snysels ook in doppe.
- Versier bo-op met filo-rose en sjokolade-koffiebone.
Vir die sjokolade-bruintjies:
- Voorverhit oond teen 180 °C. Smeer ’n vierkantige pan van 25 cm of voer uit met bakpapier.
- Meng botter, suiker, eiers, sjokolade en vanielje saam in ’n mengbak.
- In ’n aparte bak, meng kakao, koekmeel, sout en neute saam.
- Voeg die droëbestanddele by die sjokolade-mengsel en vou deeglik in.
- Gooi die beslag in die voorbereide pan en bak vir sowat 15 minute teen 180 °C. Bak dan vir 'n verdere 10 minute teen 140 °C. Verwyder vanuit die oond en laat in die pan afkoel. Sny in blokkies.
- Smelt ekstra sjokolade en bedrup die gesnyde bruintjies daarmee.
Vir die sjokolade-koffiebone:
- Smelt sjokolade en spuit kolle op silpat (net bietjie kleiner as bone).
- Plaas bone bo-op en spuit bone toe met sjokolade.
- Laat afkoel en hard word vir later gebruik.
Donkersjokolade-poeding-vulsel:
- Meng suiker, kakao, mielieblom en sout in ’n mediumgrootte pot op medium-hitte.
- Voeg melk geleidelik by en kook tot dik.
- Verwyder vanaf hitte en roer botter en vanielje by.
- Laat afkoel en plaas in yskas vir later gebruik.
Koffievulsel:
- In ’n staanmenger met ’n draadhak, klits room styf.
- Meng kondensmelk, espresso, likeur, sout en kakao saam en voeg by room. Klits tot net gemeng.
- Plaas in yskas vir later gebruik.
Koffieroom:
- In ’n staanmenger met ’n draadhak, klits room styf.
- Vou likeur, vanielje en gemaalde koffie in.
- Plaas in yskas vir later gebruik.