Monday 27 June 2016

Outydse Souskluitjies




Outydse Souskluitjies (vir 6 persone)
Bestanddele
250 ml koekmeel
12.5 ml bakpoeier
1 ml sout
25 ml botter
100 ml melk
1 eier
kookwater
Kaneelsuiker
125 ml suiker
25 ml kaneel
Botter om mee te stip (skep klein klontjies bo-op die kluitjies).

Metode
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg die botter by. Meng tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die eier en melk by en meng (klop) tot dit mooi glad is. Plaas die water in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Skep lepelsvol van die mengsel in kokende water, sit die deksel op en laat kook vir 8 tot 10 minute. Skep in opdienskottel, besprinkel kwistig met kaneelsuiker en stip met botter (skep klein lepeltjies botter bo-op jou kluitjies en laat smelt).