Monday 27 June 2016

mieliegereg vir luilekker dae



mieliegereg vir luilekker dae
Bestanddele2 x 410g blikkies roomsuikermielies
2 ekstra groot eiers
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
1 koppie melk
1 koppie vars room
1 koppie koekmeelblom

Metode (onthou - voorverhit jou oond tot 160°C)
Meng al die bestanddele goed saam. Skep in gesmeerde oondvaste bak van ongeveer 20cm x 30cm en bak vir ongeveer 1 uur lank. Die resep behoort meer as genoeg vir 6 tot 8 persone te wees.