Wednesday 1 June 2016

Ontbytbone




Ontbytbone
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 40 min.
...
1 ui, fyn gekap
250 g streepspek, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml (1 t) gerookte paprika
2 x 400 g-blikke cannellini-bone, gedreineer
400 g tamatiepuree
125 ml (½ k) tamatiesous
200 ml (¾ k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) worcestersous
125 ml (½ k) bruinsuiker
sout en peper
brood en eier vir voorsit
1.Braai die ui en spek in ’n groot pan oor matige hitte tot die spek goudkleurig en bros is.
2.Voeg die knoffel en paprika by en braai ’n paar sekondes. Voeg die res van die bestanddele by.
3.Laat prut 30 min. of tot verdik.
4.Sit voor op die roosterbrood saam met ’n gebakte eier.