Tuesday 14 June 2016

MISHOPIES




MISHOPIES
2 k suiker
1 k botter (in blokkies gesny)
½ k melk of water...
½ k kakao
2 k hawermout (rou)

2 k klapper
2 t vanilla
Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik. Kook vir 5 minute totdat dit begin borrel. Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed. Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by. Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of skinkbord. Laat koud word en plaas in die koelkas.