Wednesday, 22 June 2016
Mieliemeel, lemoen en pynappel Rolpoeding
Mieliemeel, lemoen en pynappel Rolpoeding
Voorverhit oond tot 180˚C en spuit ‘n 3 liter oondvaste bak met kleefwerende sproei...
Deeg
125 gm botter
125 ml suiker
3 eiers
400 ml koekmeel
200 ml Mieliemeel
10 ml bakpoeier
125 ml klapper
5 ml gemmer
3 ml kaneel
125 ml appelkooskonfyt
Klein blikkie “crushed” pynappel
Room botter en suiker tot lig en klits eiers een vir een by. Meng droë bestanddele en roer by. Rol deeg in reghoek en smeer appelkooskonfyt oor. Smeer nou “crushed” pynappel oor en rol deeg op soos rolkoek. Plaas in oondvaste bak en sny in skywe maar hou dit in ‘n rol. Rasper skil van lemoen oor.
Sous
250 ml suiker
500 ml kookwater
200 ml melk
Sap van 1 lemoen
5 ml kaneel
5 ml fyn gemmer
50 gm botter
Meng alles tot suiker gesmelt het en gooi oor deegrol. Bak in oond vir ongeveer 40 min tot ligbruin en gaar. Bedien sodra uit oond kom met vla en/of Roomys