Tuesday 21 June 2016

Maklike Hoenderpastei




Maklike Hoenderpastei
Bedien 1

Bestanddele:
70 g gekookte hoenderborsie, fyngekap...
40 g botterskorsies, fyngedruk
30 g cheddarkaas, gerasper
1 opgehoopte teelepel roomkaas
sout en peper na smaak
200 mm x 200 mm skilferkorsdeeg
1 geklitste eier

Stappe:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Meng al die bestanddele behalwe die eier en deeg bymekaar.
3. Skep mengsel in die middel van die deeg.
4. Vou die deeg in jou verkose vorm.
5. Borsel liggies met geklitste eier.

**Bak teen 180 °C vir 20 minute of tot goudbruin.