Thursday 9 June 2016

Lensie-en-ertjiesop.



Lensie-en-ertjiesop.

 Met ’n paar basiese soorte speserye in jou kombuiskas sal ’n wêreld van geure vir jou oopgaan.

■ 250 ml droë ertjies
■ 250 ml lensies
■ 2,5 liter water
■ 1 rooi brandrissie
■ 2 uie, gekap
■ 4 knoffelhuisies, gekap
■ 7 ml borrie
■ Halwe botterskorsie, geskil, ontpit en in klein blokkies gesny (ongeveer 500 ml blokkies)
■ Ekstra water, indien nodig

Speserymengsel
■ 15 ml olyfolie
■ 15 ml botter
■ 5 ml komyn
■ 5 ml mosterdsaadjies
■ 5 droë kerrieblare
■ 1 rooi brandrissie, ontpit en baie fyn gekap
■ 1 ui, baie fyn gekap
■ 6 ryp tamaties, geskil en fyn gesnipper
■ Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak

Sit die ertjies en lensies in ’n groot kastrol en voeg die water, brandrissie, uie, knoffel en borrie by. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 30 minute. Voeg die botterskorsieblokkies by en laat prut verder tot alles gaar en baie sag is. (Voeg ekstra water by indien die sop te dik word.)

Terwyl die sop kook, maak die speserymengsel. Verhit die olie en botter saam tot warm. Voeg die komyn en mosterdsaad by en braai tot die mosterdsaadjies begin skiet. Voeg die kerrieblare, brandrissie en ui by en braai verder tot die ui sag en deurskynend is. Voeg nou die tamaties by en braai stadig tot die tamaties sag is. Geur die mengsel goed met sout en peper.

Voeg by die sop en kook deur vir sowat 10 minute. Geur die sop nou na smaak met sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker, indien nodig. Lewer 8 porsies.