Tuesday 14 June 2016

Koelsoem se gemaklike groentesop



Koelsoem se gemaklike groentesop

Bestanddele

Sop:
1 sakkie droë ertjies
1kg beesskenkel
3 wortels, gerasper
1 aartappels, gerasper
1 ui, gerasper
1 tamatie, gekap
7 peperkorrels
7 naeltjies
7 wonderpeperkorrels
sout
3 eetl tamatiepasta, (paste)
4 takkies seldery, gekap
handvol pietersielie, gekap
Kluitjies:
2 koppies meel
sout
Sop vloeistof
Metode
Sop:
Spoel ertjies af.
Plaas al die sop bestandele, behalwe seldery en pietersielie in 'n kastrol.
Bedek met water.
Bring tot kookpunt en laat dit vir 2 ure prut.
Voeg dan seldery en pietersielie by,voeg heeltyd 'n bietjie warm water by, want dit verdamp.
Kluitjies:
Voeg vloeistof van die sop by die meel en sout om deeg te vorm.
Rol uit.
Sny in repies.
Gooi in pot.
Laat dit gaar kook.