Corli se bierbrood
Probeer gerus die Koekedoor Corli se resep vir bierbrood met mielies, kaas en spek.
|
Instruksies
- Verhit oond tot 180˚C. Smeer broodpan.
- Braai uie en spek in ’n bietjie botter tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.
- Terwyl die uie en spek afkoel, sny die pitte van die gaar mielie in repe van die stronk af en plaas onder in die broodpan.
- Sif meel en sout saam. Roer die geblikte mielies, kaas en die afgekoelde ui-en-spek-mengsel by. Voeg bier by en meng goed met vurk of lepel.
- Skep mengsel in pan. Bak in oond vir een uur of tot gaar. Gebruik ’n toetspen om seker te maak dis gaar.
- Haal uit en laat rus vir 5 minute voor jy die broodjie uitkeer op ’n afkoelrak.