Sanet se muffins
Sanet bedien pesto- en olyf-muffins met ’n heerlike jogurtsous. Kry dié Koekedoor se resep hier.
|
Bestanddele
Muffins:
- 500 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 375 ml wit cheddarkaas gerasper
- 1 bossie sprietuie (wit deel) gekap
- 100 g olywe ontpit en gekap
- 200 ml karringmelk
- 50 ml basieliekruidpesto
- 80 ml olie
- 1 groot eier
Jogurtsous:
- 1/2 k gewone jogurt
- komkommer in stukkies gesny
Instruksies
- Voorverhit oond teen 200 °C en spuit ‘n muffinpan met kleefvrysproei.
- Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak. Voeg die kaas, sprietuie en olywe by en meng deeglik.
- Meng die karringmelk, pesto, olie en eier deeglik in ‘n aparte bak saam.
- Sny die nat bestanddele by die droë bestanddele met ‘n bottermes tot net gemeng.
- Skep beslag in die muffinpan en bak vir 20 minute.
- Haal uit en laat afkoel.
- Bedien saam me jogurtsous.