Monday 30 May 2016

WORSIE MET MASH




WORSIE MET MASH
Maak kapokaartappels – met ongeveer een aartappel per persoon.
As jy die tipe is – ek het om een of ander rede ‘n swakte daarvoor – maak ‘n pakkie Smash aan.
Met een porsie daarvan kan jy vir twee mense elkeen twee worsies maak.
Gewone Weense worsies of frankfurters is lekker vir die resep....
Sny die worsies in die helfte – nie middeldeur nie, net sodat jy dit kan oopvou soos ‘n boek.
Smeer mosterdsous, tamatiesous en blatjang in die middel van elke oopgesnyde worsie.
Pak die kapokaartappels daarop.
Sprinkel cheddarkaas oor en plaas in die mikrogolfoond of die oond om die kaas te smelt.
Twee worsies maak ‘n ligte aandete, veral as jy dit saam met ‘n slaaitjie opdien.