Monday 30 May 2016

SONDAG HERFS-POT




SONDAG HERFS-POT
Genoeg vir 6 mense
...
Jy het nodig:
.2 eetlepels botter
.3 middelslaguie, fyngekap
.2 wortels, fyngekap
.2 stingels seldery, fyngekap
.1 huisie knoffel, fyngekap
.2 repies suurlemoenskil sonder wit
.8 eetlepels kookolie
.8 stukke kalfskenkel
.3 eetlepels meel
.250 ml droë witwyn
.1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 300ml kookwater
.1 blikkie Italiaanse tamaties, fyngekap, met sap
.knippie droë tiemie
.2 lourierblare
.pietersielie
.varsgemaalde swartpeper en sout na smaak

Só maak mens:
1. Jy het genoeg swaarboompanne nodig sodat al agt stukke vleis plat daarin kan lê.
2. Smelt die botter in die panne en voeg die uie, wortel en seldery by. Soteer vir 8-10 minute totdat die groente sag word.
3. Voeg die knoffel en suurlemoenskil aan die einde by.
4. Giet nou die olie in die panne. Doop die skenkels in meel, skud oortollige meel af en verbruin die vleis aan alle kante.
5. Plaas die skenkels langs mekaar op die groente.
6. Skep soveel olie moontlik af en voeg die wyn by.
7. Laat kook vinnig vir sowat 3minute.

8. Skraap die verbruinde vleisstukkies onderin af en skep oor die skenkels.
9. Voeg die aftreksel, tamaties en die res van die bestanddele by. Proe voordat jy sout byvoeg.
10. Laat prut die skenkels op die stoof of in ’n oond wat tot 180°C verhit is vir sowat 2 uur en draai skenkels versigtig om sodat die murg nie uitval nie.
11. Skep die osso bucco op die Milanese rys en strooi die tra­di­sio­ne­le gremolata oor: ’n mengsel van fyngerasperde suurlemoenskil, fyngekapte vars knoffel (nie vlokkies nie!) en pietersielie. Sowat een eetlepel per persoon gee die egte Italiaanse smaak