Monday 16 May 2016

VISKOEKIES




VISKOEKIESSo maklik soos omval
Viskoekies is net die ding vir ’n vinnige middagete.
Jy kan enige geblikte vis (of ’n kombinasie van verskillende soorte) gebruik. Hierdie resep is vir salm viskoekies.
JY BENODIG:
1 blik (212 g) salm
vars vinkel en pietersielie, fyngekap

sout en peper na smaak
2 eiers
’n hand vol broodkrummels
olyfolie
botter
SO MAAK JY:
Dreineer die salm, skep die vis uit die blikkie en druk dit met ’n vurk fyn.
Sprinkel die kruie oor, geur die vis met sout en peper en meng alles dan goed deur.
Klits die eiers en voeg dit by die vis.
Gooi die broodkrummels bietjies-bietjies by tot die mengsel hanteerbaar is. Moenie te veel gebruik nie.
Sit die mengsel vir ongeveer 10 minute in die yskas sodat die krummels kans kry om die vog te absorbeer.
Verhit ’n bietjie olie en botter in ’n pan en braai eetlepels vol van die mengsel vir sowat 2 minute aan elke kant.
Pak die viskoekies op kombuispapier sodat die vet geabsorbeer word en sit dit warm voor saam met ’n slaai.