Monday 16 May 2016

BOELIEBIEF EN EIERS




BOELIEBIEF EN EIERS
JY HET NODIG (vir 4 porsies):
1 ui, gekap
2 eetlepels olie
1 x 300 g-blik boeliebief
5 eiers
¼ koppie melk
sout en peper na smaak (wees versigtig met die sout, want die vleis is reeds sout)
4 snye roosterbrood
DAN MAAK JY SO:
Braai die ui in die helfte van die olie tot goud-bruin.
Verwyder die vet van die boeliebief (as jy wil) en voeg die vleis by die ui.
Roer dit met ’n vurk sodat die boeliebief lekker los is.
Klits die eiers en die melk saam.
Maak roereier in ’n ander pan in die res van die olie.
Skep die boeliebief op die roosterbrood en daarna die roereiers.
VARIASIES:
Skeur 4 x 15 cm-vierkante foelie, smeer botter daarop en vorm ’n nessie van elk.
Sit die foelie-nessies in ’n platboompot of groot pan. Verdeel die ui-en-boeliebiefmengsel tussen die nessies en maak ’n holte in die middel van die vleismengsel.
Sit die pot op die vuur sodat dit kan warm word.
Breek die eiers een vir een in elke nessie sodra die pot warm is (jy sal een minder eier gebruik).