Monday 30 May 2016

Uitmekaartrekbrood




Uitmekaartrekbrood
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.
Rys: 2 uur


Bestanddele
500 ml (2 k) melk
10 g kitsgis
125 ml (½ k) suiker
125 ml (½ k) olie
4 x 250 ml (4 k) meel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) neutmuskaat
5 ml (1 t) sout
120 g botter, gesmelt
100 g korinte
Speserysuiker
500 ml (2 k) suiker
45 ml (3 e) fyn kaneel
’n knippie neutmuskaat
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan.
Metode
Gooi die melk en gis in ’n bakkie, meng en laat staan op ’n warm plek tot die gis op die oppervlak begin borrel. Gooi die suiker, olie, meel, bakpoeier, neutmuskaat en sout in ’n groot mengbak en voeg die gismengsel by. Meng om ’n sagte deeg te vorm.

Sit die deeg in ’n liggies gesmeerde bak en bedek. Sit 1 uur eenkant om te rys of tot die grootte verdubbel het. Knie die deeg af en rol uit om ’n 50 cm x 25 cm-reghoek te vorm.
Sny 5 cm x 25 cm-reghoeke uit. Verf een reghoek met die gesmelte botter en strooi dan korinte oor. Bestuif met die speserysuikermengsel en bedek met nog ’n laag deeg. Herhaal die proses met die oorblywende deeg en eindig met ’n laag deeg. Moenie die laaste laag met korinte en suiker bedek nie.
Sny in 2 cm-breë stukke en pak dit in die bereide broodpan met die snykant na bo. Bedek en sit 1 uur op ’n warm plek om te rys.
Bak die brood 30 min. of tot goudbruin. Laat effens afkoel. Strooi van die speserysuikermengsel oor voor jy die brood uit die pan haal.