Monday 30 May 2016

Brioche




Brioche
LEWER 22 BROODJIES
Bereiding: 20 min.
Rys: 1½ uur
Gaarmaak: 40 min.
 
Bestanddele
10 g vars gis
80 ml (⅓ k) warm melk

6 eiers
1 liter (4 k) meel
5 ml (1 t) sout
45 ml (3 e) strooisuiker
350 g botter, versag
1 eier, gemeng in 5 ml (1 t) water, liggies geklits
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee panne met 12 holtes elk.
 Metode
Plaas die gis en melk in ’n bak en klits liggies om te meng. Voeg die eiers by en klits weer.
Sif die meel en sout in ’n groot mengbak en giet die gismengsel by. Knie die deeg 10 min. of tot glad en elasties.
Klits die strooisuiker en botter in ’n ander bak tot bleek en romerig. Voeg 30 ml (2 e) op ’n slag van die mengsel by die deeg en knie goed ná elke byvoeging. Knie die deeg tot dit glansend en elasties is.
Plaas in ’n groot geoliede bak, bedek en laat rys 1 uur of tot gerys. Knie die deeg af en knie dan nog 5 min. Bedek met kleefplastiek en laat 1 uur in die yskas verkoel.
Verdeel die deeg in 30 g-stukke op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol in ewe groot balle. Plaas 3 deegballe in elke muffinholte, bedek en laat rys tot dit in grootte verdubbel.
Verf die deeg met die eiermengsel en bak 40 min. of tot gaar en bruin. Plaas op ’n rak om af te koel. Sit voor met botter.