Monday, 30 May 2016

tamatiehoenderpot



tamatiehoenderpot
Vir 6-8 • Voorbereityd 15 minute • Gaarmaaktyd 1-2 ure

Jy benodig

• 250 g dik pancetta of rugspek, in blokkies gesny
• 2 uie, fyngekap
• 1-2 wortels, in blokkies gesny
• 4 blikke (410 g) gekapte tamatie
• 2 glase rooiwyn
• 1 eetlepel rissiekonfyt of suiker
• 4 knoffelhuisies, fyngedruk en gekap
• 16 hoenderdye en -boudjies, met vel aan
• 2 roosmaryntakkies
• 4 lourierblare
• 1 blokkie hoenderaftreksel
• ’n koppie calamata-olywe, ontpit
• sout en peper

Só maak jy

1. Braai die pancetta of spek in sy eie vet in ’n groot swaarboompot bros, voeg dan die ui en wortel by en soteer dit totdat die groente sag is.
2. Voeg die tamatie, wyn, knoffel en konfyt by en laat die mengsel vir 20 minute sonder die deksel prut sodat dit kan afkook en verdik.
3. Voeg die hoender, roosmaryn, lourierblare en aftrekselblokkie by, sit die deksel op, draai die temperatuur laer en laat dit liggies prut – maak seker dat dit nie kook nadat jy die hoender bygesit het nie - die borrels moet net so saggies op die oppervlak plof.
4. Loer ná 40 minute in die pot en as die sous te dun is, kan jy die deksel afhaal vir die laaste 20 minute. Die dis is gereed wanneer die hoender van die been afval en die tamatiesous dik, geurig en dieprooi is.
5. Sprinkel die olywe oor, geur dit met sout en peper na smaak en sit die hoender saam met mieliepap of polenta voor.

No comments:

Post a Comment