Monday 30 May 2016

Coco Pops-koekies


Coco Pops-koekies

Vir 20-30 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig

• 200 g botter, saggemaak
• 200 g ligte bruinsuiker
• 4 eetlepels gouestroop
• 350 g bruismeel
• 50 g Coco Pops
• Smarties


Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 140 °C. Klits die botter en suiker baie goed saam en voeg die gouestroop by. Meng dit goed deur en sif die meel by. Vou die mengsel in terwyl jy die Coco Pops byvoeg – die mengsel moet goed gemeng word.
2. Besluit hoe groot jy die koekies wil maak: Vir klein koekies kan jy die deeg in okkerneutgroot bolletjies verdeel, andersins in bolletjies twee keer so groot vir ’n bytgrootte koekie. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit, druk elke bolletjie saggies plat en pak dit op die bakplaat. Druk ’n Smartie in die middel van elke koekie vas.
3. Bak die koekies vir 15 minute tot goudbruin. Laat die koekies goed afkoel voor jy dit in ’n lugdigte houer pak.