Wednesday 18 May 2016

Sout Roulade Idees



Sout Roulade Idees

SPINASIEROULADE
 15 ml botter of margarien; 500 g spinasie, verpulp; 6 eiers, geskei; 20 ml botter of margarien; 1 ui, gekap; 150 g vars sampioene, gekerf; 25 ml koekmeelblom; 25 ml botter of margarien, gesmelt; 60 ml melk; sout en peper na smaak; 50 g ham, gesnipper; 50 ml room of melk.

Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius. Smelt die 15 ml botter of margarien en verhit die spinasie daarin. Klits die eiergele en roer die spinasie bietjie vir bietjie by. Klits die eierwitte totdat dit sagte punte vorm en vou dit by die spinasiemengsel in. Gooi die mengsel in 'n gevoerde, gesmeerde rolkoekpan van 30 cm by 45 cm. Kantel die pan sodat die mengsel eweredig kan versprei. Bak dit 20 min. lank in die voorverhitte oond. Smelt die 20 ml botter of margarien en soteer die ui en sampioene todat dit sag is. Hou dit eenkant. Voeg die koekmeelblom by die 25 ml gesmelte botter of margarien en roer dit tot glad. Voeg die melk geleidelik by terwyl dit aanhoudend geroer word. Verhit dit totdat dit verdik. Geur die witsous met sout en peper. Voeg die gebraaide ui en sampioene, ham en room of melk by die witsous. Keer die roulade uit op 'n klam doek en trek die waspapier af. Smeer die vulsel oor die roulade en rol dit met behulp van die doek op soos 'n rolkoek. Plaas dit op 'n warm opdienbord en sit dadelik voor.

SEEKOSROULADE
 100 g botter of margarien; 50 g koekmeelblom; 500 ml melk; 5 ml sout; knippie peper; 5 eiers, geskei; 5 ml kremetart. Vulsel 37,5 ml botter of margarien; 37,5 ml koekmeelblom; 1 ml gerasperde neutmuskaat; 1 ml rooipeper; 2 ml sout; 250 ml melk; 200 g tuna, gedreineer (1 blik); 200 g steurgarnale, gedreineer (1 blik); 25 ml Parmesaankaas, gerasper.

Voorverhit die oond tot 200 grade Celsius. Voer 'n rolkoekpan van 26 cm by 39 cm met gesmeerde waspapier of bakpapier. Smelt die botter of margarien en roer die koekmeelblom by om 'n gladde pasta te vorm. Voeg die melk by en roer dit aanhoudend totdat die witsous verdik. Verwyder dit van die hitte en geur dit met die sout en peper. Roer die eiergele een vir een by. Klits die eierwitte totdat dit sagte punte vorm. Voeg die kremetart by en klits dit nog 5 sek. lank. Vou die eierwitte by die eiergeelmengsel in. Gooi die mengsel in die voorbereide rolkoekpan en kantel die pan om die mengsel eweredig te versprei. Bak dit sowat 15 min. lank in die voorverhitte oond totdat dit gestol en byna ligbruin is bo-op. Keer die roulade uit op 'n klam doek en trek die was- of bakpapier dadelik af.

Vulsel: Smelt die botter of margarien en roer die koekmeelblom, neutmuskaat, rooipeper en sout by. Verhit dit 1 min. lank. Roer die melk geleidelik by en verhit totdat dit verdik. Voeg die tuna en steurgarnale by en meng dit goed. Smeer die vulsel oor die roulade en rol dit op soos 'n rolkoek. Strooi die Parmesaankaas bo-oor. Sny die roulade in skrywe van 2 cm en sit warm voor.

SALMROULADE
Bestanddele:
3 eiers, geskei
10 g vinkel
1 ml peper
1 ml sout
10 g grasuie
5 ml melk
Metode:
Meng al die bestanddele saam behalwe die eierwitte. Klop eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg by die mengsel. Smeer ‘n bakplaat en voer dit met waspapier uit. Bak die mengsel ongeveer 10 minute by 180 °C.
Mousse:
Bestanddele:
250 g salmforelstukke
100 ml room
Metode:
Verwerk slamforel en room tot ‘n pasta
Vulsel:
Bestanddele:
150 g roomkaas
100 g peppadews
5 ml melk
Metode: Meng roomkaas, peppadews en melk saam. Smeer die vulsel in lae op die roulade sodra dit afgekoel het. Rol dit dan soos ‘n rolkoek op.
Brunois-groente:
200 g beet
200 g botterskorsie
100 g botter
Oondbak die groente met botter. Skep dit in ‘n die bord met die roulade bo-op.
Garnering:
Garneer met diepgebraaide preie en bedien ook met ‘n balsamiese reduksie en traviar of te wel foreleiers Traviar (trout eggs)
5 ml melk
Metode:
Meng roomkaas, peppadews en melk saam.
Smeer die vulsel in lae op die roulade sodra dit afgekoel het. Rol dit dan soos ‘n rolkoek op.