Wednesday 18 May 2016

Ontbyt Roulade



ONTBYT ROULADE

Bestanddele

Witsous
1 skyfie ui
6 peperkorrels
pietersielietakkie
1 lourierblaar
1 koppie (250 ml) melk
25 g botter
25 ml koekmeelblom
Roulade
1 koppie (250 ml) mediumdikte witsous
2 eetlepels mosterd
½ koppie Parmesaankaas, gerasper
sout en gemaalde swartpeper
4 eiers, geskei
Metode
Witsous
Plaas die skyfie ui, 6 peperkorrels, pietersielietakkie en lourierblaar saam met die melk in ‘n kastrol en verhit tot welpunt (wanneer daar stoom verskyn, voordat die melk kook).
Laat staan vir ‘n minuut en giet dan deur ‘n sif om die geurmiddels te verwyder.
Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die meel by.
Giet die gegeurde melk by en roer aanhoudend met ‘n draadklitser totdat die mengsel verdik.
Kook teen‘n hoë hitte vir ±5 minute. Laat staan tot effens afgekoel.
Roulade
Voorverhit die oond tot 200°C.
Voer ‘n bakplaat van ± 46cm x 36 cm met bakpapier uit.
Roer die witsous, mosterd en parmesaankaas in ‘n mengbak saam.
Voeg die eiergele by en roer goed. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou die eierwitte by die witsous-mengsel.
Giet die mengsel versigtig in die bakplaat en bak vir 10-12 minute tot gestol. Verwyder uit die oond en plaas op ‘n skoon vadoek.
Vulsel-idees
Voeg 2 eetlepels tamatiepasta saam met die ander geurmiddels by die witsous-mengsel voordat die roulade gebak word.
Braai gesnipperde spek, gerasperde zucchini en fyn gekapte uie in botter saam. Voeg 2 eetlepels suurroom by en geur goed met sout en swartpeper.
OF
Voeg fyn, gaar spinasie saam met die ander geurmiddels by die witsous-mengsel voordat die roulade gebak word.
Braai fyngekapte sampioene, knoffel en tiemie in ‘n bietjie botter. Voeg 2 eelepels room by en geur goed met sout en swartpeper.
Om te bedien
Smeer die vulsel van jou keuse bo-oor die oppervlak van die roulade en rol versigtig op. Sny in skywe.