Tuesday 24 May 2016

Souserige vark-steak




'n Heerlike en maklike Souserige vark-steak resep genoeg vir 4 porsies

Bestanddele
- 4-6 ontbeende vark-steaks
- 60 ml vars witbroodkrummels...
- 30 ml heuning
- 50 ml gekapte vars pietersielie
- 5 ml gerasperde suurlemoenskil
- 10 ml korrelmosterd
- sonneblomolie
- 50 ml botter
- 1 ui, middeldeur en opgesny
- 250 g knopiesampioene, opgesny
- 15 ml koekmeel
- 300 ml hoenderaftreksel
- rys of koeskoes en groente

Metode
Stoofplaat

Sny aan die kante van elke steak ’n holte vir die vulsel.
Meng die krummels, pietersielie, suurlemoenskil, heuning en mosterd saam en skep dit in die holtes in, en steek dit vas met tandestokkies. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die steaks totdat alby kante bruin is.
Haal van plaat af en laat rus.
Verhit die botter en braai die ui tot dit goudbruin van kleur is.
Voeg nou die sampioene by en braai vir ongeveer twee minute en roer die meel by.
Voeg die hoender aftreksel bietjies vir bietjies by.
Laat die vark steaks vir 15 tot 20 minute in die sous prut.
Sit voor met rys, koeskoes of groente.