Tuesday 24 May 2016

Piesang Karamel Poeding




Piesang Karamel Poeding

Oond: 180 gr C. Sif 1 k koekmeel, kwart t sout, 3 t bakpoeier, in mengbak. Voeg 1 k suiker by. Roer 1 ryp, fyngedrukte piesang by, of 6 fyn dadels, 1 k melk, ‘n derde k sagte margarine,
1 geklitste eier en 1 t vanilla essens. Roer bymekaar, skep in diep, gesmeerde poedingbak. Kook saam : driekwart koppie bruin suiker, 3 E stroop 1 k kookwater en knippie sout. Gooi versigtig oor deeg. Bak 30-40 min tot gaar. Bedien met vla of roomys.
Radio Namakwaland