Friday 6 May 2016

Soet suur Vark




Soet suur Vark - Natasha De Jager Viljoen
1 kg varkvleis in blokkies
2 groot groenrissies, ontpit in blokke gesny
1 ui in skuins skyfies...
2 groot tamaties in wiggies
500 ml ingemaakte pynappelstukke – behou die sap

100 ml mielieblom
1 huisie knoffel fyn
2 ml fyn gemmer
125 ml soyasous
75 ml water
olie vir diep braai
Sit die vleis in plat bak. Meng soyasous, gemmer en knoffel en meng met vleis en marineer 30 minute. Roer af en toe.
Haal vleis uit en strooi 75 ml van mielieblom oor, bedek deeglik.
Braai die vleis 8-10 minute tot vleis bros en bruin is.
Hou warm.
SOUS :
250 ml pynappelsap (vul aan met water of soetwyn as daar nie genoeg is nie)
125 ml wit asyn
60 ml tamatiepuree
200 ml karamel bruinsuiker
12,5 ml worcestersous
Tobasco sous
fyn pietersielie
Meng die sous bestanddele in groot braaipan, verhit en laat paar min lank prut.
Voeg die groenrissie en groen uie by sous en kook 1 minuut oor hoë hitte.
Roer die tamatie, pynappel en vark by sous.
Meng die mielieblom met die water en voeg by.
Kook tot dik 1 minuut.
Sprinkel pietersielie oor