Friday 6 May 2016

Broccoli-en-rooisoet-rissie-roerbraai




Broccoli-en-rooisoet-rissie-roerbraai
Genoeg vir: 4 as bygereg
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute
...
•20 ml olyfolie
•1 ui, in ringetjies gesny
•1 pakkie broccoli, gekap
•2 medium rooi soetrissies, ontpit en in repies gesny
1 Verhit olyfolie in ‘n groot braaipan. Voeg ui by en braai tot ligbruin. Voeg broccoli en soetrissie by. Braai tot die groente sag, maar nog krakerig is.
Hou in gedagte
Verbeter die beheer oor jou bloedsuikervlak deur baie komplekse koolhidrate te eet, soos volkoringbrood, hawermout, bone en lensies.
Wees versigtig vir kosse met baie suiker. Jy hoef nie alle suiker uit te sny as jy ‘n diabeet is nie – klein hoeveelhede is aanvaarbaar, solank jy genoeg kos met ‘n hoë vesel- en ‘n lae vetinhoud eet, en die suiker deel vorm van ‘n gebalansseerde eetplan in die algemeen.