Wednesday, 25 May 2016

Sagte Gemmerkoek



Sagte Gemmerkoek
Stel oond op 190 gr C. Smeer groot ringkoekpan of spuit met spray and cook. Sif in mengbak: 2 k koekmeel, 2 t fyn gemmer, 2 t kaneel, 1 t bakpoeier, half t sout. Klop 2 eiers in beker, voeg 1 k olie by en 1 k gouestroop, roer deur en voeg by meelmengsel. Gooi 2 t koeksoda in 1 k swart, koue tee, + 2 t asyn. Roer by deeg. Skep in pan en bak vir +/- 1 uur tot gaar. Laat afkoel op afkoelrakkie, bedien lou-warm met warm tee of koffie.

No comments:

Post a Comment